Weet julle wie ek is? Ongelukkig, ja.

September 23, 2009 murphy 11 Kommentaar

Ons eie hofnar en selferkende polisiereservis, , het sy geheime opleiding in militêre aanvalsmetodes baie goed gebruik toe hy na bewering sy buurman geklap het toe die oor ‘n lawaaierige partytjie gaan kla het.

 

Hy spog ook daarmee dat hulle self opgeruim het na die tyd sodat die bure nie geskok sal wees deur die drankbottels en kondome wat die hele tuin vol lê nie. Murphy reken hy wou net van die kondome ontlsae raak sodat dit nie vir forensiese toetse geneem kan word en daar dalk vasgegstel word nie een van hulle bevat sy DNA nie. Met so ‘n gesiggie en track record oor vrouesake, kan dit maar seker moeilik wees om ‘n date te kry, selfs op ‘n dronkpaartie.

 

Hy sê ook die klaer in die saak is deur Helen Zille geplant. Jis my ou, ek dink Helen Zille het beter goed om haar mee besig te hou, as om op jou dronkpaarties te spioeneer. Soos om die kak wat die ANC in die Wes-Kaap gelos het, uit te sorteer.

En ek weet mos die een wat die klapwerk gedoen het was jy. Ons weet die vrou staan net duskant almagtig, maar  hoe sy dit reg gekry het om jou arm teen jou sin op te lig en te laat beweeg, gaan my verstand te bowe.

 

Miskien het sy dit gedoen deur daai mikroskyfie in jou brein. Daai een wat afgeskakel was in die houtwerkklas.

julius-malema-woodwork

Boer soek nie ‘n vrou nie…Boer steek sy vrou agter die hangkas weg..Boer dalk self in die hangkas?

September 21, 2009 murphy 14 Kommentaar

Ek gaan die week se aflewering afskop met ‘n bietjie positiewe nuus en positiewe opmerkings van my kant af. Ek lees in vandag se Rapport dat Pieter H dreig om te sue oor naamskending omdat Ashley gal gebraak het nadat hy haar nie wou raps nie (en dus, LOGIES (dis nou Ashley-logika) gay moet wees) en sy gesê het sy wyn is so sleg sy plaas se naam moes Kakkerdal en nie Akkerdal gewees het nie. Hy sê sy wyn se ‘brand’ het skade gely. Jir my ou, ek dink jy het die hele ding gedoen net om jou wyn te bemark, en nou’s jou druiwe suur (no pun intended).

Maar, for the record: Pieter, jou wyn is heerlik, hoor. Jy’s baie sexy en ek dink jy’t ‘n stunnig persoonlikheid. Jy’t moerse baie hare op jou kop en lanklaas het ek ‘n man met meer integriteit suid van die Sahara teengekom…wel, miskien mnr. Chuene van Atletiek SA, maar hy tel nie nou nie. Jy poep laventel en Superman is jou oupa.

Arme Lynda, toe kry sy nie eens kans om jou onder jou gat te skop nie. Dit nadat jy haar blykbaar DRIE keer belowe het sy kan die besluit neem. Ek dink sy’t in elk geval ons almal se gedagtes beaam in haar tirade tussen die tuinpaadjie en die rooi Toyota (wat daar weggejaag het in die gees van ‘n goeie bankroof): “Hy’s 44, nog nooit getroud en ek wonder HOEKOM???” Ag, sy was seker maar net ‘n bietjie vies.

Ons almal weet in elk geval nou wat volgende gaan gebeur, danksy YOLANDA fokken BARNARD se moerse scoop in die Son van verlede week, so dis amper met verligting dat ek nou offisieel aankondig dat ek op die toilet gaan sit en die huisadvertensies in my plaaslike koerant lees as jou segmentjies op die program verskyn. Kakkerdal, as jy verstaan wat ek bedoel….

Ek raas elke dag met my kinders oor hulle in hulle neuse grou, maar ek moes myself die hele tyd keer om my nie tot dié opwindende tydverdryf te wend terwyl die intense en spannende drama homself op Francois Verkleinwoordjies se plaas afspeel nie. Het en Bet het nou ooreengekom dat Het onttrek en Bet agterbly. Francois het drie woorde gepraat en sy ma het ook iets te sê gehad (now there’s a big surprise).

Terwyl ek selfs hier sit en tik en daaroor dink, dreig my ogies om toe te val. Ek het dit al gesê en ek gaan dit weer sê: So wat van ‘n besluitelose mamma se seuntjie het ek nog nooit gesien nie. Maar, skielik het ek moed geskep. Hy’t opgestaan en langs Bet gaan sit op die bank toe Het en Elma gaan tasse pak. Ek het my vinger uit my neus gehaal en my reggeskuif vir ‘n Groot Oomblik van Hartstog…en toe stop die toneel. Al wat ek kan reken is dat die kameraman uitgapaasss het..dalk ook van skok, of hy’t vroeër aan die slaap geraak en op daardie moment omgeval.

Ludwig, ek het so gehoop Alna stuur jou in jou peetjie in. Weet jy, as ‘n ou vir my sê ek is nie sy trouvrou nie, maar ek moet maar bly, asof dit nou seker nie anders kan nie, en dit lyk of hy besig is om ‘n hardnekkinge drol uit te druk, het ek ‘n toon geklap in die stofpad af.

En nog ‘n ding, ek is nou royally gatvol daarvoor om in jou neusgate op te kyk as jy met die meisies praat. Nee man, hê ‘n bietjie respek en hou jou nekkie styf as jy praat, moenie so op die bank sitlê soos ‘n jagse tienerseun wat skelm porno kyk nie.

Clarina, so ver ek nou die grapevine verstaan kom jy van die Oos-Vrystaat af en jy speel mos netbal, so jy is ‘n girl so reg na my hart. Goeie ontsnapping, ek wil maar net sê. Jou kop is reg op jou skouers en ek dink jy ken waansin as jy dit sien.

Ludwig sê mos hoeka “die stemmetjie in hom is nog nie stil nie.” Luddie, al wat daai stemmetjie gaan stilkry, is ‘n sterk dosis van ‘n kombinasie van medikasies, verkrygbaar by jou naasste psigiater. Ek het ‘n paar op speeddial, jy kan my maar hier kontak.

Aaaaaaaaaaaaaawwwww, en daar tjank ou Johann toe nou weer snot en trane en ween in die stofpad tussen die koeie en ‘n bul. Eish, ek weet darem nie. Ek dink dis nader aan ‘n skuldige gewete as enigiets anders. En toe kom die nuwe meisietjie toe mos daar aan, nadat die ander twee stert tussen die bene huis toe is.

Nou kan ‘n mens mos nou nie anders as om vir Tharine van-die-perd-afgeval-faam te vergelyk met die wattebolletjie met bene wat met haar wit Corsatjie daar aangekom het. Nee hel, ek weet darem nie. ‘n Meisie met vuur,wat op ‘n perd rondjaag en lekker grappe kan maak, en een wat lyk of sy gaan omval as jy hard in haar rigting asemhaal nie. Nee wat ou Johann, jy laaik die onderdaniges, ek sien nou. En sy’t so lekker paar vet hangboudjies, so jy’t baaaaaaie plek om pak slae uit te deel, ek verstaan nou waar jy vandaan kom. G’n vuriges vir jou nie, jy kan hulle nie handle nie, dink ekke.

Een ding wil ek sê: Ek dink hierdie reeks is ‘n moewiese boggerop. Van oupa Frik tot die spraaksame Francois, het ons eintlik een fokop na die ander. As dit nie die boere is wat niemand wil hê nie en ander meisies uit die hoed pluk soos hasies nie, is dit meisies wat onttrek of wil wegloop (in sommige gevalle kan mens hulle seker nie kwalik neem nie).

Ek dink ek gaan KykNet sue. Hulle het my heeltemal teleurgestel. Ek kon my tyd baie meer produktief gebruik het, deur byvoorbeeld buite te sit en te kyk hoe my gras groei. Ek kon die bakstene in my oprit se plaveisel getel het of gekyk het hoeveel keer ek om my huis kan hardloop terwyl ek ‘n eier kook (in my hol, natuurlik, van frustrasie).

Ek sluit hierdie week se aflewering af met Red red wine deur Akker van Dalen, met agtergronddanse deur die Poefendales. ‘n Lekker, litigasielose wekie vir die luisteraars en hul naastes. Tot volgende week, wanneer iets dalk gebeur het. Ons kan net bly hoop….

Categories: Daily life Tags:

Ons beskeie bydrae tot misdaadvoorkoming. Vat so Pooh! Kapow!

September 16, 2009 murphy 8 Kommentaar
By gebrek aan deurlopende vermaak in ons dorpie, het ek by die vroueklub aangesluit, op uitnodiging van Koekerige (dierbare) Vriendin.
Aan die een kant weeg my behoefte om een keer per maand sommer net man en telgies by die huis te los en ‘n glasie wyn te gaan drink, sonder om te vra vir die kiddies menu ook. Aan die ander kant my konstante frustrasie met die werklike kleindorpie-engheid wat sommige van die vroue in die klub openbaar, en die feit dat ek dus gevolglik op elke byeenkoms aan die einste wyn verstik en op my tong moet byt.

 

So het ons toe nou gisteraand ons eerste byeenkoms vir die nuwe jaar.

 

En dit het nie lank geneem nie.

 

Die gesprek het gegaan oor die man wat sy kinders en vrou in Nelspruit doodgeskiet het, en daarna homself. Ons het gepraat oor die moontlike oorsake wat daartoe kan lei dat iemand so iets doen. Geldelike druk, egskeiding, emosionele onstabiliteit, al daardie logiese dinge is genoem.

 

Dis toe dat die nuwe vroutjie die WERKLIKE oorsaak noem.

 

“Ja, en julle moenie vergeet dat September die maand is wat die sataniste so bid dat die christene se huwelike en gesinne moet opbreek nie. Dis hoekom daai man sy vrou geskiet het. Oor die sataniste so gebid het.”

 

Hier volg Muprhy se lys van karakters wat moontlik vir die res van die jaar vir alle moorde (gesins-, rassistiese en otherwise) verantwoordelik kan wees. Maak tog seker dat alle afbeeldings van hulle wat in julle huise is, verwyder word, mens weet nooit watse strale hulle kan uitstuur nie of uitwerking dit op jou kan hê nie:

 

Ek het dit in maande opgedeel, want as ons darem nou die HELE jaar ALLES moet vermy, kan ons maar net sowel nou in die hoekie gaan sit en wieg, met ‘n wolmus oor ons oë getrek.

 

Januarie:

Ons getroue vriendin, Liewe Heksie. Vernietig alle DVD’s, boekies en enige ander afbeeldings van die boosheid. Dit geld ook alle ou langspeelplate wat onder die bed lê en stof opgaar van JOU kleintyd af.

 

Februarie:

I rest my case.

 

Maart:

Die Pooh. Agter daardie onskuldige uiterlike skuil suiwer kwaad. Net ’n beer wat besete is, sal kan praat. Hy smile maar net so mooi oor hy lelike gadgtes oor jou dogter het, meneer. Let ook die wolkie waarop hy lê, wat onlangs deur navorsers bevind is, die simbool is vir skelm daggarook.

 

April:

Die illuminati. Hulle lyk so:

 

 

 

 

Mei:

 

Gays. Moet in die maand geen haarsalonne, interieurwinkels of teetuine besoek nie. Moet, for good measure, verkieslik nie uit jou huis gaan nie, want hulle is mos nou orals. Maar jy weet dalk ook nie wat in jou eie huis se hangkaste aangaan nie. Vigilance at all times! Veral 8 Mei, want dis hulle nasionale dag.

 

Junie:

Fairies/feetjies. Verlangs familie van die bogenoemde geval. Hulle bly in jou tuin en maak kak.  Neem dadelik ‘n blikkie Doom en spuit onder elke bossie. As jy ‘n sampioen in jou agterplaas opmerk, is jy in groot bollie. Laat kom die priester/dominee/eerwaarde/pastoor dadelik.  Moenie jou kommen buurman se tuinornamente met hierdie gevaar verwar nie, jy gaan net jou naam gat maak. Dis die spesie Pretoriaweseranius Witbankganius.

 

Julie:

Daai aartsdemoon, Pokemon, wat sekerlik deur daardie boosheid van alle booshede, die Japannese cartoon-artist, uit die diepste helle opgeroep is. Hierdie maand is eintlik maklik, want hy kom nie meer so algemeen voor nie. Vermy slegs fanatiese aanhangers, veral te kry onder die 20-jariges wat nog nie hul kinderskoene ontgroei het nie. Universiteitskoshuise comes to mind.

 

 

Augustus:

Slette. Jy kry verskillende grade van, maar dis jou pregogatief om te bepaal watter graad aanvaarbaar is of nie. Geen geskelmslettery nie, en ook nie ‘n gehangkasdrinkery nie.

 

September:

Vermy alle sataniste, soos in die eerste deel genoem. Hulle is baie besig in die maand. As jy wonder of jou buurman dalk een is, kyk of hy baie in die aande uitgaan, in swart geklee. PnP se kersvoorraad loop ook gewoonlik gevaarlik laag in die maand, maak seker dat jy jou kersvoorraad al in Augustus begin aanvul. Sluit jou kat in die huis toe.

 

 

Oktober:

Jou plaaslike sangoma. Verwant aan ‘n nuwe spesie wat ook onlangs opgemerk is, Dr. Ngama en prof. Suzy Ntanga, healers for penis ailments. As jy voel jy MOET hulle besoek (net om te gaan kyk watter boosheid daar aangaan en vir nvorsingsdoeleindes, natuurlik, soos met die internetporn op jou rekenaar), moet onder geen omstandighede jou skoene uittrek nie, jy mag dalk in ‘n skerp dolosbeentjie trap.

 

 

November:

Vermy alle dinge New Age, soos joga, selfhelpboeke, sielkundiges en prismas. Noudat jy op die uitkyk is, gooi sommer al die Huisgenote, ou Scopes, karateklere wat in ‘n boks in jou garage lê en stof opgaar, jou Apple-rekenaar (daai appeltjie!) en afrikamaskers ook uit. Moet net nie jou lapa aan die brand steek terwyl jy daarvan in die braaier ontslae raak nie, jy gaan hom in Desember nodig hê.

 

 

Desember:

 

Die Gesig van Coca-Cola. Stop jou skoorsteen toe, gaan gedurig voor jou kinders tekere oor die boosheid van die ding, veral as hy op televisie kom of by die werk se kersboompartytjie vir hulle swieties en persente wil gee. Hou sommer heeltmal op persente gee, dan is jy doodveilig.

 

 

Nou ja, daar is dit. Sterkte vir almal met die volg van die programmetjie. Ek dink met die regte toewyding en deursettingsvermoë behoort ons binnekort Suid-Afrika se misdaad- en moordsyfers tot bykans nulvlakke kan afbring.

Knyp, sê die buddha

September 15, 2009 murphy 10 Kommentaar

Dit was terwyl ons in die posisie van die Opwaartse Gesig van die Hond was, dat dit gebeur het.

 

Wag, laat ek eers verduidelik. Hier in my dorp is daar nie veel maniere om jou oefening in te kry nie. Of jy sluit aan by die skool se gym, wat Murphy beslis nie gaan doen nie, want sy is nie bereid om haar naam met ‘n plank te slaan nie, veral nie voor hormoonbelaaide tienerseuns nie. Veral nie voor seuns wat meisies in haar netbalspan date nie.

 

Of jy kan by die Voorheen Bevoordeeldes se oud-gimnasium gaan aansluit, wat intussen die inplek geraak het vir die Voorheen Benadeeldes, en waar ek sal uitstaan soos ‘n blerts slap seemeeubollie op ‘n hoop steenkool.

 

Dan kan jy nou gaan aansluit by die stapklub, maar daar’s iemand daar wat ek nie laaik nie, so ek stap maar alleen.

 

Dan kan jy aan aansluit by die jogaklas. Ja, daardie plek waar ons, volgens die kerk se tannies, twee keer ‘n week katte slag, die bloed drink en dan in ‘n beswyming om die offerhande dans. Dis mos nou nie moeilik om te sien hoekom Murphy die joga gekies het nie. Nie omdat ek so baie van katslag hou nie (hoewel dit ook seker sy voordele inhou), maar omdat ek so bietjie daarvan hou om eng, outydse, oningeligte kerktannies af te piepie.

 

My verligte kerktannie vriendinne hier, ek vra om verskoning, maar ek weet julle voel ook partykeer so.

 

Nou onder my mede katslagmaats by die jogaklas, tel onder meer die argitek se vrou, wat ek reken nog nooit ‘n dag in haar lewe gewerk het nie, behalwe miskien toe sy by die PnP se deur gesit het om geldjies vir die SPCA in te samel. En toe’t sy ook redelik suurderig gelyk. Maar eintlik dierbaar is. Hulle het so ‘n string swart BMW’s en ek wed myself elke week R5 met watter een sy gaan klas toe kom. Ek verloor altyd.

 

Dan is daar die paar meisies wat saam met my in die vroueklub is en wat babavet kom afskud, of maer wil word om weer swanger te raak. Of vlug vir hulle mans. En kinders. En die ousie.

 

Daar is ook die rykste ou in die dorp se vrou. Hy het nou vir hom ‘n SLK AMG-ding met twee uitlaatpype van oorsee af ingevoer. Hy was haastig en die kar was nog nie in SA beskikbaar nie. Toe betaal hy ekstra. ‘n Hele R1miljoen ekstra, volgens Vrystaatse folklore. En, net om haar nou nie te laat voel sy sit in die hoekie nie, toe koop hy maar vir haar so ‘n klein SLK’tjie. Die een met net een uitlaatpyp. Elke week is sy op ‘n ander diet. Ek wou al vir haar sê eet net minder. En stap bietjie, los die karretjie tuis.

 

Dan is daar die tannie wie se seun verlede jaar aan Aids dood is. Hier in onse dorpie. Sy ry met so ‘n ou skedonkie, kan amper nie meer die meeste van die jogaposisies doen nie, maar elke week is sy daar. Sy’t nou die dag vir my vertel sy gaan sy as by die see strooi, wanneer sy eendag weer daar uitkom. Ek weet nie of sy gaan nie. Ek’t hom geken. Hy was verskriklik lief vir sy ma. Hy’t my baie van haar vertel voor hy dood is, ek sal haar eendag sê, want ek dink nie sy weet ons het mekaar geken nie.

 

En dan is daar natuurlik ek. Joga is lekker, as dit net nie vir al die strekke was nie. Nee, ek grap sommer. Dis fantasties en die beste ding wat ek nog ooit gedoen het.

 

Nou dit was toe ons die Opwaartse Gesig van die Hond gedoen het, wat dit toe gebeur. Dit behels dat jy net op die hande en die brug van die voete staan. Die res van die lyf is soos ‘n snaar gespan. Elke deeltjie knyp. Elke deeltjie druk.

 

Toe los die SLK-tannie die langste, uitgerekste, sieldeurdringendste, paint-peeling poep wat ek in dekades gehoor het. En as jy met Stilman getroud is, sal jy verstaan dat dit ‘n Emmy-waardige vertoning moes gewees het om my te beindruk. Die oefensaal het sommer so geklink of ‘n trop perde oor die houtvloer galop. So ‘n ghwaaaaaaaaaaarrrrrrrrrrrrrrrrie-een. Daai soort poep wat vorentoe ‘n ompad deur die labiatjies vat, net so vir effek.

 

Nodeloos om te sê, dat elke spiertjie in Murphy se lyf, tot haar tietspiere, slap geraak het van die lag. En ek kon vir die volgende twee posisies nie weer regop kom nie.

 

Niemand het tot nou toe nog ‘n woord gesprak daaroor nie.

 

Maar elke keer as ek daardie mense in hulle nuwe kar sien ry, dan sien ek net daai twee uitlaatpype. En ek neem my Zen-les hieruit, so in egte joga-styl: Murphy, jy moet knyp laat jy bars as jy die Opwaartse Gesig van die Hond doen….en ryk poepolle het ook poepolle.

Dit was terwyl ons in die posisie van die Opwaartse Gesig van die Hond was, dat dit gebeur het.

 

Wag, laat ek eers verduidelik. Hier in my dorp is daar nie veel maniere om jou oefening in te kry nie. Of jy sluit aan by die skool se gym, wat Murphy beslis nie gaan doen nie, want sy is nie bereid om haar naam met ‘n plank te slaan nie, veral nie voor hormoonbelaaide tienerseuns nie. Veral nie voor seuns wat meisies in haar netbalspan date nie.

 

Of jy kan by die Voorheen Bevoordeeldes se oud-gimnasium gaan aansluit, wat intussen die inplek geraak het vir die Voorheen Benadeeldes, en waar ek sal uitstaan soos ‘n blerts slap seemeeubollie op ‘n hoop steenkool.

 

Dan kan jy nou gaan aansluit by die stapklub, maar daar’s iemand daar wat ek nie laaik nie, so ek stap maar alleen.

 

Dan kan jy aan aansluit by die jogaklas. Ja, daardie plek waar ons, volgens die kerk se tannies, twee keer ‘n week katte slag, die bloed drink en dan in ‘n beswyming om die offerhande dans. Dis mos nou nie moeilik om te sien hoekom Murphy die joga gekies het nie. Nie omdat ek so baie van katslag hou nie (hoewel dit ook seker sy voordele inhou), maar omdat ek so bietjie daarvan hou om eng, outydse, oningeligte kerktannies af te piepie.

 

My verligte kerktannie vriendinne hier, ek vra om verskoning, maar ek weet julle voel ook partykeer so.

 

Nou onder my mede katslagmaats by die jogaklas, tel onder meer die argitek se vrou, wat ek reken nog nooit ‘n dag in haar lewe gewerk het nie, behalwe miskien toe sy by die PnP se deur gesit het om geldjies vir die SPCA in te samel. En toe’t sy ook redelik suurderig gelyk. Maar eintlik dierbaar is. Hulle het so ‘n string swart BMW’s en ek wed myself elke week R5 met watter een sy gaan klas toe kom. Ek verloor altyd.

 

Dan is daar die paar meisies wat saam met my in die vroueklub is en wat babavet kom afskud, of maer wil word om weer swanger te raak. Of vlug vir hulle mans. En kinders. En die ousie.

 

Daar is ook die rykste ou in die dorp se vrou. Hy het nou vir hom ‘n SLK AMG-ding met twee uitlaatpype van oorsee af ingevoer. Hy was haastig en die kar was nog nie in SA beskikbaar nie. Toe betaal hy ekstra. ‘n Hele R1miljoen ekstra, volgens Vrystaatse folklore. En, net om haar nou nie te laat voel sy sit in die hoekie nie, toe koop hy maar vir haar so ‘n klein SLK’tjie. Die een met net een uitlaatpyp. Elke week is sy op ‘n ander diet. Ek wou al vir haar sê eet net minder. En stap bietjie, los die karretjie tuis.

 

Dan is daar die tannie wie se seun verlede jaar aan Aids dood is. Hier in onse dorpie. Sy ry met so ‘n ou skedonkie, kan amper nie meer die meeste van die jogaposisies doen nie, maar elke week is sy daar. Sy’t nou die dag vir my vertel sy gaan sy as by die see strooi, wanneer sy eendag weer daar uitkom. Ek weet nie of sy gaan nie. Ek’t hom geken. Hy was verskriklik lief vir sy ma. Hy’t my baie van haar vertel voor hy dood is, ek sal haar eendag sê, want ek dink nie sy weet ons het mekaar geken nie.

 

En dan is daar natuurlik ek. Joga is lekker, as dit net nie vir al die strekke was nie. Nee, ek grap sommer. Dis fantasties en die beste ding wat ek nog ooit gedoen het.

 

Nou dit was toe ons die Opwaartse Gesig van die Hond gedoen het, wat dit toe gebeur. Dit behels dat jy net op die hande en die brug van die voete staan. Die res van die lyf is soos ‘n snaar gespan. Elke deeltjie knyp. Elke deeltjie druk.

 

Toe los die SLK-tannie die langste, uitgerekste, sieldeurdringendste, paint-peeling poep wat ek in dekades gehoor het. En as jy met Stilman getroud is, sal jy verstaan dat dit ‘n Emmy-waardige vertoning moes gewees het om my te beindruk. Die oefensaal het sommer so geklink of ‘n trop perde oor die houtvloer galop. So ‘n ghwaaaaaaaaaaarrrrrrrrrrrrrrrrie-een. Daai soort poep wat vorentoe ‘n ompad deur die labiatjies vat, net so vir effek.

 

Nodeloos om te sê, dat elke spiertjie in Murphy se lyf, tot haar tietspiere, slap geraak het van die lag. En ek kon vir die volgende twee posisies nie weer regop kom nie.

 

Niemand het tot nou toe nog ‘n woord gesprak daaroor nie.

 

Maar elke keer as ek daardie mense in hulle nuwe kar sien ry, dan sien ek net daai twee uitlaatpype. En ek neem my Zen-les hieruit, so in egte joga-styl: Murphy, jy moet knyp laat jy bars as jy die Opwaartse Gesig van die Hond doen….en ryk poepolle het ook poepolle.

Categories: Daily life Tags: , ,

Die beeldhouer

September 15, 2009 murphy Lewer kommentaar

Onthou jy nog toe ek
net ‘n gedagte was in jou kop,
‘n konsep wat later tot vrug
sou kom met die kap van die
tongbeitel.

Hoe jy my getower het
uit die marmer
van jou verbeelding,
hoe ek na jou beeld gevorm is
met die uitblaas van jou asem.

Onthou jy nog
in die spektrum van ons twee
se gesamentlike bestaan,
hoe die apeks van jou
leedwese gekom het
met die opstanding van my gees.

Hoe jy die dag dood is
toe ek begin lewe het.

Categories: Gedigte

Hier word geroer op Boer soek ‘n…waggebietjie!

September 15, 2009 murphy 15 Kommentaar

Of Ashley se druiwe is so suur, sy soek rede oor hy haar eintlik nie laaik nie, of die boer soek inderdaad ‘n boer om in te boer. Die rooi is my geskrifsels.

YOLANDA kan mens regtig glo wat hier volg? BARNARD

Terwyl die land dié week op Boer soek ’n Vrou 2 gaan kyk hoe die oujongkêrel-wynboer vir die vurige blonde soutie vertel sy is sy droomvrou, sit Ashley Pugh met ’n groot geheim.

Sy meen dié boer soek nie noodwendig ’n vrou nie – hy soek dalk net ’n ander boer.

Teen die einde het die paartjie se “romantiese naweek” ontaard in ’n nagmerrie vir die 37-jarige Ashley. Join the club. Ons suffer elke week as jy op is.

Sy het iets op Pieter Hanekom (44) se selfoon gesien wat haar met skreeuende tyres en ’n skellende stem laat wegjaag en hom net daar by Hartbeespoortdam Lodge laat bly het. Hoekom lees jy sy selfoon Ashley? Ek dink hy is die een wat redelik verlig moet wees.

Sy kon eenvoudig nie langer in die boer se bakkies vaskyk nie. The feeling is mutual van my kant af.

Want op sy foon was verskeie sms’e wat hy aan mans gestuur het. “Ek mis jou, maar ek weet jy is reeds saam met iemand anders…” Ashley het dit gelees. Hom gekonfronteer. Yolanda, mens skryf nie so nie, man. Sinne het ‘n onderwerp en ‘n voorwerp in.

Die toneel wat hom in Junie afgespeel het was nie mooi nie. Pieter goed gewyn. Arrogant. Hier kom ‘n lastereis…

Ashley ook ’n paar doppe agter die blad. Wat’s nuut? Yolanda, nuwe nuus asb, nuwe nuus. Gelukkig het die vuiste nie geklap nie, maar die skelwoorde het oor en weer gevlieg. Tralalalalalala.

En dit etlike ure nadat die tweetjies vir die grande finale (verligte KykNet-span wat bly is dis die laasste episode en hulle is van die psigopate ontslae) van Boer soek ’n Vrou 2 op mekaar se skote gesit het… ewe romanties.

Dit is een van die redes waarom die mooi (huh?) events coordinator van Hartbeespoortdam glo dat Pieter H – soos wat hy in die reeks genoem word – dalkies nie heeltemal so aangetrokke tot vroue is as wat hy voorgee nie.

“Ons het een aand langs mekaar geslaap, maar hy het nie aan my geraak nie. So van opgeblase selfbeeld het ek nog nie gesien nie. Hy dink dalk net jy’s glad nie sexy nie Ons het ook een keer gesoen, maar dit was ’n aaklige soen,” het die uitgesproke rooinek – wat al vir Pieter op televisie ’n fucking dick oe, sy het die spyker op die kop geslaan en dit nooit eers geweet nie…genoem het – die week aan Sondag vertel.

Sy verklap ook dat Pieter H nie die tipiese macho boer is nie. So what?

“Hy blow wave sy hare elke oggend en hy het meer gesigprodukte as ek!” Juis. As jy dit gedoen het, was jy al getroud. Vra vir Gretha.

En tussendeur droom hy van ’n akteursloopbaan. “Hy het eendag reguit vir my gesê dat hy hoop dat hy ’n rol in 7de Laan sal losslaan. Heheheheeheheheheheheheheheheheheheeh. Askies. Heheheheheeheheheh. Jis, nie met daai intonasie nie.

“Ek dink Pieter het aan die program deelgeneem vir publisiteit.”

Dit is nou drie maande sedert sy laas vir Pieter gesien het. Sy is nog single, maar “wonder of sy nie eerder vir Ludwig moes geskryf het nie, want hy is ongelooflik aantreklik en baie sweet”. Ag nee wat my vrou, ek dink selfs die man se vlak van malligheid sou alarms laat afgaan het as jy naby hom gekom het!

En Pieter het nou glo ’n pop in sy lewe. Iemand onbekends…oooo, maw ‘n double adapter, beweer jy nou, Yolanda.

“Ek dink hy het my gekies omdat ek vir aksie op die plaas gesorg het. Ek was nooit verlief op Pieter nie.” Jy LIEG!!!!

Kykers gaan eers volgende week sien hoe Pieter nou kastig besluit dat Ashley sy “droomvrou” is. En jy’t dit nou glad nie gespoil nie, né, Yolanda.

Na die aankondiging moes die tweetjies hulle eerste alleen-naweek saam deurbring.

“Ek wou moeite vir hom doen. Hoewel ek hom beslis nie as ’n boyfriend gesien het nie, het ek gedink hy is ’n vriend. Ek het tot Franse sjampanje gekoop.” My vriende sal omval van skok as ek so ver gaan vir hulle. Koffie en bier is al wat hulle hier kry. Sjoe, jy gaan laat hulle oorloop daar na jou toe, Ash.

Maar Pieter het dit glo nie waardeer nie. He don’t bring me flowers…boehoe.

“Hy was die hele tyd op die foon. En het in elk geval niks aandag aan my gegee nie. Jy’s boring. Ek dink hy was ongeskik. En boonop spog hy ook nog die hele tyd met sy wyn. Ek dink sy wyn proe verskriklik sleg.

“Hy moes sy plaas Kakkerdal eerder as Akkerdal genoem het.” Hier, moet ek jou gelyk gee, is die enigste, beste en snaaksste ding wat jy nog ooit van die begin van hierdie fiasko af kwytgeraak het.

Intussen dink Pieter Ashley se bewerings is “ridiculous.”

Hy wou nie juis uitwei oor wat verkeerd geloop het nie.

“Ek is nie gay nie, maar sodra die program verby is sal ek ’n persverklaring uitreik,” was al wat hy verder bereid was om te sê. Pietertjie, ek en die gay gemeenskap in SA wag in spanning.

Categories: Daily life Tags:

Boer soek ‘n nuwe stel mangels..in iemand anders se mond

September 15, 2009 murphy 8 Kommentaar

Nou’t ek alles gesien! Daar gryp Pieter toe vir Mal-Ashley vas in die wynkeller en doen die mangelmambo met haar dat dit lyk of al haar sielkundige probleme in ‘n oogwink genees is. Haar boudjies het so geklem, as sy ‘n bloomer aangehad het is hy nou ‘n g-string. Dit nadat hy ‘n paar uur vantevore vir Lynda onder die wilgerboom ook so half gevrydruk het. Nee, nou verstaan ek die man glad nie.

Eers kruip hy vir ‘n paar dae in sy studeerkamer weg asof ‘n Mongolese horde met perde en al sy wingerde bestorm het (hoewel ek hulle enige dag bo Mal-Ashley sou verkies het), en nou vry hy links en regs. Hy’s soos een van daai ouens wat jou sokkie toe vra, die hele aand met sy pelle chat en jou dan net voor curfew pobeer vasdruk terwyl jou pa buite op sy kar se toeter druk vir jou om huis toe te gaan.

En die vreemde ‘bonding’ tussen Lynda en die rokende huiswerker in die tuin. Al wat ek myself kon afvra, terwyl ek so bietjie swymel, was: WDF? Dit was surrealisties, iets wat dalk net Nina Swart kon bewerkstellig het. Die klink vir my na ‘n bargain. As jy met Pieter trou, hoef jy nooit vir huweliksterapie te gaan nie (wat in die geval half onvermydelik gaan wees, glo my maar). Jy vra sommer raad by Mieta in die kombuis, terwyl julle saam lustig aan julle kameeltjies trek en ‘n Paarl Perlé’tjie drink. Klaaaasssssie, selfs vir Franschhoek. Officially het die mal-plaas nou geskuif na die geweste toe.

Maar kom ons reverse eers bietjie na die begin van die program toe. Die program se tempo het nou afgeneem na die van die 20m-naelloop vir octoganarians tussen die koffiekan en die poedingtafel in die ouetehuis se eetsaal. Ek het regtig tydens die kyk van die episode oorweeg om my polse met ‘n stomp tafelmes te probeer afsaag. Ek het toe maar net ge-whimper en begin knibbel. Dit het later vir my gevoel ek wil agter die televisiestel die slinger gaan soek om alles net so bietjie vinniger te laat gebeur. Maar dis seker maar net ek.

So van die eks-malplaas daar in Ficksburg gepraat. Dit het my hart goed gedoen om te sien dat Alna toe haar hare gewas het. Want as sy nie het nie, sou ek ‘n official complaint by die uitsaaikommissie moes gaan lê. Kykers kan ook net soveel aardigheid verdra en iemand moet hulle vir hul regte veg.

Hoe meer ek vir Ludwig sien, hoe meer besef ek hier dat ons nie met die gewone tipe man te doen het nie. Ek wil ‘n voorspelling maak en sê dat hy nog etlike jare, so 75 of so, single gaan wees.

Alna wil bly en Clarina wil gly, maar dit voel vir my hy wil dit eintlik andersom hê. Nou hoor ek hier op die grapevine Alnatjie en Clarina is terug in hulle eie huise. En Ludwig sort homself uit daar in die lande. ‘n Kluit tussen kluite. The more things change, the more they stay the same. Ek dink nie hy is so ‘n slegte ou nie, hy’s net so…wel…boererig.

En hoe verder die program aangaan, hoe dikker word die man. Smaak my hy’t nie geëet voor die girls op sy plaas aangekom het nie. Min is oor van die ligte, vlugvoetige man wat soos Zorro voor die perd rondgespring het in die eerste episode. Sommige mense word mooier met tyd. Daai perd is nog steeds pragtig.

En daar vat Francois’tjietjietjie toe wraggies vir mammie en pappie saam op die boottrippie. Oukei, hulle het darem aan wal gebly terwyl die stuurman wille esse op die rivier gegooi het en die Hetta en Betta-bedryfies (jis, hierdie twee is so boring ek kan nou nog nie hulle name onthou nie) maak of hulle bang is en aan hom vasklou soos velcro aan borshare. En sy mammie klou aan hom soos kak aan ‘n wolkombers.

Hetta (die blonde een) het darem, lyk my, die lig gesien en so soort van besluit om te onttrek voor die volgende ‘eviction’. Betta sien nie die gevare nie. Sy laaik net die tannie se boerekos, sê sy. Bettatjie, daai tannie gaan jou lewe nog hel maak in daai kombuis, hoor wat ek vir jou sê. Jy gaan moet pap maak, boerboele kos gee, pampoen leer kook, hoenderpastei maak en tussenin 24 dosyn koeksisters vir die basaar vleg.

En geen mens kan ‘n reguit antwoord uit Francois kry nie. Dis soos om jellie aan ‘n muur vas te spyker. En…hy…praat…so….fokken……staaaaaaarig. Hy’t darem oulik gelyk in sy poormans’s cap wat hy aangehad het. Mammie het dit seker vir hom uitgekies, daar in Dealesville se Pep.

Johann, Johann, Johann. Nee wag, eintlik wil ek die vervaardigers van die program nou sommer net uitkak. Julle lei die kykers om die bos. Julle gee mens perdedrolle en sê dis vye. As julle en die meisies van die begin af geweet het hy’t eintlik ‘n ander meisie, moes julle hom nie toegelaat het om deel te neem nie. Nou sit ons en wag week na week om te sien wie hy gaan kies, en julle weet hy gaan niemand kies nie, want hy wiks ‘n ander wip. Dis kak en julle weet dit. Julle moet krimineel aangekla word en as straf vir ses maande op by Frik op die plaas vir Wenda gaan help binneshuisversiering doen. Vat sommer vir haar ‘n ou toe hempietjie saam.

Nou kom sit ou Vroom Johann daar met sy krokodiltrane en vertel die twee meisies hoe hy nie een van hulle twee gaan kies nie, en dat sy eintlike girl die volgende dag plaas toe kom. Tharine en Kitty, julle moes hom in die nag met ‘n seep in ‘n kous gaan moer het, army-style. En Omo in haar bed gegooi het, net so vir die lekkerte. Arme Kitty, ek kon sien die girl sluk maar swaar en sit ‘n brawe gesig op.

Die HOOGTEPUNT van my hele week was natuurlik toe Tharine van die perd af DONNER soos ‘n sak aartappels. Nie omdat ek nie van haar hou nie, maar net omdat sy van die perd af gedonner het soos ‘n sak aartappels.

Jis, dis ‘n oulike meisie daai. Ek dink sy’s baie, baie snaaks en dat sy haar sterre kan dank Johann wil haar nie hê nie. Want sy’s AGS, hy’s APK en ons weet sy gaan wil wegloop na drie kinders en ses jaar se huisvrou wees. Run Rientjie, ruuuuuuuun!!!!!!!

Nou ja, tot volgende week, wanneer die boere een meisie op die plaas oor het, en Suid-Afrika nog steeds eintlik ‘n vet vy voel daaroor en nog herstel van skok oor ou Div vir ons die beker laat wen het..

Ons sluit vanaand se program af met die temalied van Chariots of Fire en beeldmateriaal van Tharine wat soos ‘n vrot vel deur die lug trek, in stadige aksie, natuurlik. (Verbeel julle maar, hierdie is ‘n low budget stasie).

Categories: Daily life Tags: